Posted on 04 August 2009 by Phillipa Mitchell
Formule drie, twee, een! EN ons is weg met die beste seleksie van kinderboeke vir liplekker lees!

Sal Mams asseblief die volgende boeke vir my bestel by Red Pepper Books. Ek het self met tannie Phillipa gepraat en sy beveel die volgende aan. Sy se hulle kan in a japtrap by ons afgelewer word. (As hulle enigsins hotter was, dan was hulle Chilli Pepper Books!) Ek het sommer vir die hele familie ‘n seleksie van kinderboeke gemaak!
Ma, ek soek heel eerste asb Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo. Ma moet dit ook lees! Dan sal ma beter verstaan hoekom ek ma se nuwe serp oor my mond moes knoop – en dit sal ook daardie reeks van ongelukkige insidente met Wagter, vierpoot vasgebind verduidelik. En bestel asb Slym en die gogga-sirkus – ek het ‘n idee vir die volgende skool se talentkompetisie! En bestel dan ook Danie Dreyer en die Dinosourus Eier – want ek wil leër hoe om een uit te broei!
En kry asb Dit is hoe! vir pa – want hy vra my gedurig hoe dit moontlik is dat ek sekere goed regkry! En kry sommer vir hom ook Formule drie, twee, een! – want ma se mos altyd hy kan nie bestuur nie – so miskien sal hy ‘n paar ‘tips’ vang! En Waar’s daai slang? is noodsaaklik want miskien sal ek dan weet waarheen Slinkie verdwyn het.
Vir mams stel ek Die Beste toebroodjie voor. Dan kan mams sien hoe dit gedoen word!
Vir ousus sal ma asb Freya Fiemies en Liewe Land,’n Olifant kry. Ek weet sy is ‘n bietjie oud daarvoor – maar sy kan dit aan Klein Jan voorlees. Ek hoop sy vind dit snaaks – ma weet mos hoe sensitief sy oor haar gewig is! Potte vol pasta is perfek vir ouma. Miskien sal sy ook die skimp vang en vir ons nog spaghetti maak!
Kan mams vir Klein Jan asb Banggat, jammer Bangkat en Boe bestel en Bad,Ag Nee! As die Bad,Ag Nee! boek werk dan hoef mams nie vir hom Dit jeuk! ook te kry nie. Die Kleinste Dinosourus is ook die oulikste boekie, en dan sal hy nie so hard skree as hy die koggelmander kry wat ek onder sy kussing weggesteek het nie.
Die Muisboot will ek vir Pietsielie voorlees vir motivering. Hy lê net deesdae in sy hok. (En die nadat ek al die moeite gedoen het om sy ‘n elektriese motortjie aan sy muiswiel te koppel!)
Vir Oupa sal jy asb Lila en die geheim van reën kry. Hy sal hierdie geheim graag wil hoor, want kla altyd oor dat daar nie genoeg reën vir sy mielies is nie. En kry vir hom ook asb Kameelperde kan nie dans nie want ma WEET hoe dans Oupa as hy eers ‘n glasie wyn ingekry het! 
“Kry ‘n Vlieëkoekie” En Ander Krakerige Stories lyk histeries snaaks – en ek wil ook asb die resepte vir vlieekoekies probeer! Van resepte gepraat – kry asb ook Meerkatrestaurant en ander dieredumplings of so iets …
En Dan kan Mams asb vir Sannie al die ATKV-kinderboekwenners bestel. Dit behoort haar genoeg materiaal te gee om my boekverslae-huiswerk vir die volgende paar jaar voor te berei.
Mams, ek weet dis ‘n hele paar boeke, maar Red Pepper Books se pryse is SO goed – en ek dink ook daar’s ‘n sterk moontlikheid dat ek vir ‘n baie lank tyd gehok gaan wees as pa uitvind ek het Oom Pieter langsaan se enorme voorruit met my nuwe krieketbal gebreek. Maar moenie worrie nie ma, die bal het niks oorgekom nie!
Jou gunsteling seun,
Willempie Kliek hier vir meer…